Search This Blog

Dec 10, 2013

Lothar Neethling – 'n lewe vertel

Lothar Neethling – 'n lewe vertel

Hoe skryf 'n mens met eerlikheid oor jou omstrede broer, wat eintlik geen bloedfamilie van jou was nie?

In hierdie biografie vertel die Pretoriase akademikus en skrywer Annette Jordaan die storie van haar ouboet Lothar Neethling, wat voor haar geboorte deur haar ouers aangeneem is.

Lothar Neethling – 'n lewe vertel is die storie van die polisie se slim en gewilde forensiese deskundige wat sy naam verdedig teen beweringe dat hy middels voorsien het om mense aan die slaap te maak of te vermoor. Hy wen uiteindelik die saak oor “die ergste naamskending denkbaar”, maar sy openbare beeld kry 'n skadu, en vrae en wanopvattings bly tot ná sy dood spook, met pynlike gevolge vir sy naasbestaandes.

Die storie begin in die oorloggeteisterde Duitsland, toe Paul Tietz geveg het en sy vrou Hedwig en haar kinders voor die Russiese leër uit moes vlug. Lothar was die oudste en het die dood van twee boeties en twee sussies beleef. Die jongste boetie is deur die tienjarige Lothar en sy agtjarige broertjie in kardoespapier toegedraai en in 'n woud begrawe.

Lothar Tietz se storie is een van pyn, angs, honger en verantwoordelikheid. As die oudste moes hy vir die voortvlugtende gesin kos vind. Uiteindelik is albei ouers dood, en op 11 September 1948 begin 'n nuwe lewe vir die 13-jarige seun en sy oorlewende broer en suster, toe hulle saam met 80 ander Duitse weeskinders in Suid-Afrika aankom.


Lothar is deur 'n vurige Afrikaner-Nasionalis en sy vrou aangeneem. Hy het agterstande gou ingehaal, vinnig gepresteer en op 32-jarige ouderdom reeds twee doktorsgrade in die wetenskap behaal. Hy word ook hoof van die polisie se forensiese laboratorium wat tot een van die bestes ter wêreld ontwikkel – maar waar gif ook glo (na bewering) vervaardig is.

Hierdie is geen hagiografie óf verdoemende, sensasionele publikasie nie. Annette Jordaan, wat jare later eers uitgevind het dat Lothar nie haar biologiese broer is nie, handhaaf 'n dapper, beskeie en sobere afstand van haar hoofkarakter. Sy laat die getuienis uit sy lewe self vír of téén Lothar Neethling praat.

Uiteindelik, sê prof. Marinus Wiechers, is dit méér as 'n biografie. Dis 'n unieke, tragiese verhaal, met al die elemente van 'n goeie familieroman – iets wat selde in Afrikaans voorkom. Die bekende biograaf J.C. Steyn noem dit “'n interessante en belangwekkende boek, 'n boeiende verhaal en 'n menslike storie”.

Die boek verbind twee vastelande en dokumenteer ook 'n onstuimige tyd in die onlangse Suid-Afrikaanse verlede.

Lothar Neethling het by geleentheid versoek dat die groep waarvan hy 'n lid was, nie meer weeskinders genoem moes word nie. “Noem ons liewers die 1948-setlaars”.

Navorsers sal die volledige naamlys van al 83 Duitse “setlaars”, met hul ouderdomme tydens aankoms, oorspronklike vanne en aanneemvanne, belangrik en bruikbaar vind.

Bron: Republikein 

Die boek is beskikbaar vir aanlynbestelling by kalahari.com 

Skrywer:  Annette Jordaan
Formaat: Sagteband
Litera Publikasies
ISBN:  9781920188450

***************


Memoir of an Apartheid CopPostscript
The author of this blog and the parent blog TIA MYSOA was well-acquainted with General Neethling, and had the privilege of working under the direct command of this remarkable scientist while employed at the SA Police Forensic Science Laboratory in Pretoria -- founded by General Lothar Neethling.  At the time (1987) the ultra-modern Laboratory was the most well-equipped and biggest Forensic Laboratory in the southern hemisphere. 

See also: Memoir of an Apartheid Cop

4 comments:

whiteson said...

Well, all I can say is that I knew genl L Neethling personally. What a gaint of a man he was. Focussed, direct, a good leader and superiour. He was by far one of the most intelligent seniors I have ever met. There are and will always be people who will try and defame him. And it's true what Tia said about what he knows about this generals ability and that was to make SAPolice Forensic Laboratory one of the best in the world. Today it's like the shadow of a sangoma in a spazashop. What a shame, what a loss.

Tia Mysoa said...

@whiteson, Amen to that!

Anonymous said...

Thanks guys.

Anonymous said...

-GENERAL Neethling was a remarkable man. Competent in all aspects to be a leader and scientist! IF WE CAN ONLY HAVE HIM BACK, FORENSICS WOULD BE A BETTER PLACE!